Griffioen

'n Gerestoureerde fresko van 'n griffioen in die troonkamer van die Paleis van Knossos op Kreta, oorspronklik uit die Bronstydperk.

'n Griffioen (antieke Grieks: γρύψ, grū́ps; Latyn: gryphes, grypho[1]; Frans: griffon) is 'n legendariese wese met die lyf, stert en agterbene van 'n leeu; die kop en vlerke van 'n arend; en soms die kloue van 'n arend as sy voorpote. Omdat die leeu tradisioneel beskou word as die koning van die diere en die arend as die koning van die voëls, is die griffioen in die Middeleeue beskou as 'n uiters sterk en majestueuse wese. Sedert die klassieke oudheid word griffioene beskou as die oppassers van skatte en waardevolle besittings.[2]

In Griekse en Romeinse geskrifte is griffioene verbind met goudneerslae in Sentraal-Asië. Soos Plinius die ouere geskryf het, "word gesê griffioene lê hulle eiers in gate in die grond en dié neste bevat goudklonte".[3]

In Middeleeuse heraldiek het die griffioen 'n Christelike simbool van goddelike mag geword en 'n oppasser van dit wat goddelik is.[4]

  1. Ronald Edward Latham; David Robert Howlett; Richard Ashdowne (1975–2013). Dictionary of Medieval Latin from British Sources. Londen: British Academy.
  2. Friar, Stephen (1987). A New Dictionary of Heraldry. Londen: Alphabooks/A & C Black. p. 173. ISBN 978-0-906670-44-6.
  3. Mayor, A.; Heaney, M. (1993). "Griffins and Arimaspeans". Folklore. 104 (1–2): 40. doi:10.1080/0015587X.1993.9715853.
  4. von Volborth, Carl-Alexander (1981). Heraldry: Customs, Rules and Styles. Poole: New Orchard Editions. pp. 44–45. ISBN 978-1-85079-037-2.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search